Baarsagtige

Baarsagtiges
Perca flavescens
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Perciformes
Families

Verskeie, sien artikel langsaan.

Die Baarsagtiges of Perciformes is die grootste orde van gewerweldes en sluit 40% van alle visspesies in. Die orde hoort tot die klas Actinopterygii. Die Baarsagtiges maak met hul 7 000 verskillende spesies die grootste orde van die visryk uit. Uitwendig kan hulle meestal herken word aan die twee rugvinne, maar die beslissende kenmerke wat hulle saam aan een familie laat behoort, is eerder inwendig.

Die belangrikste subordes van die baarsagtiges is die Percidae, die Mugilidae, die Sphyraenidae, die Labridae, die Trachinidae, die Blenniidae, die Gobiidae, die Scombridae, die Acanthuridae en die Anabantidae. Meer as 'n kwart van alle lewende vissoorte behoort tot die orde Perciformes (Baarsagtiges) wat meer as 7 000 spesies tel. Sowel vars- as soutwatervisse van allerlei vorme en lewenswyses behoort tot hierdie orde.

Die meeste van hierdie visse is inheems in die Noordelike Halfrond. Sommige kom wel in die Suidelike Halfrond voor, maar 'n hele aantal, veral die varswaterfamilies, is ingevoer na Suid-Afrikaanse riviere, waar hulle goed gevestig geraak het en deesdae baie gewilde hengelvisseis. Onder die ingevoerde visse tel die grootbek-swartbaars (Micropterus salmoides), wat in 1928 uit Holland ingevoer is, en die Kleinbekbaars (Micropterus dolomieu), wat in 1938 uit die Verenigde State ingevoer is.

Die blouwang-sonvis (Lepomis macrochirus) en die kleinbekswartbaars het min of meer (dieselfde tyd in Suid-Afrika aangekom. Hulle is aanvanklik in damme in Jonkershoek geplaas, maar het so gefloreer dat hulle oor die hele land tot in Zimbabwe versprei kon word. Hul broeigewoontes het heeltemal by plaaslike toestande aangepas, en hengelaars verkies om hulle met kunslepels te vang.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy